Roesski wojenni korabl, idi na choei!

"Roesski wojenni korabl, idi na choei!", 'n advertensiebord in Russies in 'n straat in Dnipro, Oekraïne.
'n Opstand ten gunste van Oekraïne in Columbus, Ohio (26 Februarie 2022).

"Roesski wojenni korabl, idi na choei!" (Russies: Русский военный корабль, иди нахуй), was die laaste opmerking deur Roman Hribof, wat op Slangeiland in die Swartsee gestasioneer was tydens die Russiese aanval op die eiland op 24 Februarie 2022, wat deel was van die Russiese inval van 2022 in Oekraïne. Dit kan vertaal word as "Russiese oorlogskip, fok weg." Letterlik beteken dit "gaan (sit) op 'n piel". Die Russiese kruiser Moskwa het die Oekraïense soldate op die eiland beveel om oor te gee, waarna die verdedigers dié opmerking gemaak het. Die 13 Oekraïners op die eiland is gevange geneem.

Opnames van die gesprek is wyd op die internet versprei en het gou gewild geraak. Dit word sedertdien gebruik as 'n uitroep van die Oekraïense weermag en burgerlikes wat teen die inval betoog. Aanvanklik was daar gerugte dat die soldate op Slangeiland vermoor is en die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, het aangekondig hy sou aan die soldate "nadoods" die hoogste toekenning, Held van Oekraïne, toeken.[1][2][3][4]

'n Ander uitdrukking wat op die internet gewild geraak het, reeds in 2014 maar veral sedert die Russiese inval, is Poetin – choeilo! ("Poetin is 'n pielnek!")

  1. Romanenko, Valentina (25 Februarie 2022). "Русский корабль, иди на х.й!": захисники Зміїного відповіли ворогові ["Russian ship, go fuck yourself": Defenders of the Serpent responded to the enemy]. Ukrayinska Pravda (in Oekraïens). OCLC 1066371688. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 28 Februarie 2022.
  2. Balmforth, Tom (25 Februarie 2022). Trevelyan, Mark; Jones, Gareth (reds.). "'Russian warship, go fuck yourself': Kyiv to honour troops killed on island" (in Engels). Reuters. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 26 Februarie 2022. Besoek op 28 Februarie 2022.
  3. "Ukraine soldiers told Russian officer 'go fuck yourself' before they died on island". The Guardian (in Engels). 25 Februarie 2022. eISSN 1756-3224. ISSN 0261-3077. OCLC 60623878. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 28 Februarie 2022.
  4. Campione, Katie (25 Februarie 2022). "'Go Fuck Yourself': Ukrainian Soldiers Celebrated as Viral Heroes for Last Words to Russian Warship". TheWrap (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 25 Februarie 2022. Besoek op 27 Februarie 2022.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search